Aleza se wetenskaptaak
Posted by gertybasson on March 28, 2008
Posted in 2008 Posts | Leave a Comment »
Plaasdam pret – Paasnaweek
Posted by gertybasson on March 28, 2008
Posted in 2008 Posts | Leave a Comment »
Paasnaweek op plaas Magdalena
Posted by gertybasson on March 28, 2008
Posted in 2008 Posts | Leave a Comment »
Sareez in Grootskool
Posted by gertybasson on March 28, 2008
Posted in 2008 Posts | Leave a Comment »
Martin se Veertigste Verjaarsdag- ‘n ware fees gewees!
Posted by gertybasson on March 28, 2008
Martin se Veertigste Verjaarsdag was voorwaar ‘n fees – wat sommer vir 3 weke aangehou het!
Eertens het die Loocks vir ‘n week kom kuier waarna die ander familielede een-vir-een begin opdaag het vir die Groot Okapuka Fees. Die Saterdag is afgeskop met die Broers se Sagtebalwedstryd – en sowaar – soos almal kon raai het die Oudstes die Jongstes gewen. So het Martin en Nico met die trofee weggestap.
Die aand het die vriende opgedaag vir die partytjie wat bestaan het uit pret, plesier, eet en lekker dans tot laat in die nag.
Baie dankie aan ‘n ieder en elk wat dit bygewoon het en die naweek so spesiaal gemaak het.
Om die heerlike tyd te kroon was die Sondagoggend se “game drive” ‘n belewenis met die lieflike weer en baie diere wat te siene gekry is.
Na afloop van die naweek het Martin se ouers vir nog 2 weke gekuier en kon die kinders lekker tyd met hul oupa en ouma van ver deurbring. HOU DIE BLOG DOP vir die skyfievertoning van die partytjie wat in wording is!
Posted in 2008 Posts | Leave a Comment »
Wees gegroet 2008!
Posted by gertybasson on January 12, 2008
Ja, as ek dit nie mis het nie is dit mos in 2008 – chinese kalender – die jaar van die Rot.
Wel, dis verseker nie die jaar van die skerpioen nie. Maar hierdie meneer het ons mooitjies met nuwe jaar kom groet – binne in ons slaapkamer! (Ja, ons bly mos in ‘n semi-woestynland, ne?!)
Kenners sal kan verduidelik dat dat van die giftige soort is – gelukkig het niemand op hom getrap nie.
(En wees nie bevrees – hy is VER en VEILIG van ons huis af weer in die veld losgelaat…)
En op die noot wens ek jul almal ‘N GESEENDE 2008 toe.
Posted in 2008 Posts | 1 Comment »
Die laaste stukkie 2007
Posted by gertybasson on January 12, 2008
Die laaste gedeelte van 2007 kon ons skaars stilstaan vir asemhaal. En toe ons uiteindelik tot verhaal kom… toe’s dit alweer Kersfees. Met ‘n travelling husband en 3 kinders se aktiwiteite moes DIE MA omtrent bontstaan.
Kersfees op die plaas was ‘n fees en die kinders het die nuwe swembad baie geniet. Ouma het alles pragtig versier en Kersvader het ons nie verbygevlieg nie!
Die eerste lekker behoorlike reenbui val te heerlik hier in Windhoek terwyl ek blog. Ons hoop en vertrou daar sal nog baie sulke reenbuie wees.
Posted in 2007 Posts | 2 Comments »
Olympia Speel en Leer konsert puik
Posted by gertybasson on November 13, 2007
Ja die afgelope naweek was weer tyd vir die jaarlikse Olympia Speel en Leer konsert – en wat ‘n heerlikheid vir ons almal met die oulike see-tema.
Dit was natuurlik Sareez se finale jaar in die pre-primer en was die emosies maar hoog toe sy op die verhoog met haar toga gaan staan het. Heel oulik: “My naam is Sa(h)eez Basson, ek is 7 jaa(h) oud. Ek gaan volgende jaar WAP lae(h)skool toe en ek gaan eendag ‘n LOOPPLANK MODEL word! ”
Hou die spasie dop vir foto’s later.
Die jaar was woelig, maar vol seeninge. ‘n Jaar vol hoogtepunte soos Pa Nickey wat 60 geword het en die heerlike voorreg wat ek gehad het om Anna Davel te ontmoet met die publisering van die eerste VONKEL – termyntydskrif van die Namibiese Vroue Vereniging wat ek en Lindie saam doen.
Pa Nickey word sestig!
Bo: Gerty en Anna Davel tydens Anna se besoek in Namibie.
Posted in 2007 Posts | 1 Comment »
Good Bye – aan die Loocks
Posted by gertybasson on November 3, 2007
Posted in 2007 Posts | Leave a Comment »

















