Bassons se persoonlike spasie

Hier blog ons

Archive for the '2008 Possies' Category


Aleza se wetenskaptaak

Posted by gertybasson on March 28, 2008

gertyandanna.jpg

Aleza se wetenskaptaak oor Namibie en die waterkrisis.  Hou WAP se naam hoog!

Posted in 2008 Possies | No Comments »

Plaasdam pret - Paasnaweek

Posted by gertybasson on March 28, 2008

Vlot op damPlaasdam pret

Kyk net hoe lekker in die plaasdam - Pa Nickey moes mos geweet het Martin sal die vlot omgooi!

Posted in 2008 Possies | No Comments »

Paasnaweek op plaas Magdalena

Posted by gertybasson on March 28, 2008

Aleza PaasnaweekSareez Paasnaweek

Romarno Paaseiers 

Kyk nou net hoe lekker - paaseiers soek in Ouma Martie se mooi plaastuin!

Posted in 2008 Possies | No Comments »

Dis reen, dis ryp!

Posted by gertybasson on March 28, 2008

Dis ryp

So begin die reenseisoen in Feb met ‘n BIG BANG - en weke se reen.

Kyk net die haelstorm waar dit binne ‘n uur 50mm in Kleine Kuppe “gestorm” het met die verskriklike hael!

Posted in 2008 Possies | No Comments »

Sareez in Grootskool

Posted by gertybasson on March 28, 2008

Sareez in Grootskool

Sareez is ook toe in Januarie “Grootskool” toe: bokstertjie, tassie en al!

(Two down, one to go!)

Posted in 2008 Possies | No Comments »

Martin se Veertigste Verjaarsdag- ‘n ware fees gewees!

Posted by gertybasson on March 28, 2008

Martin VolleyballKinders by Martin Party

Party DansBushpig Martin 40

Martin se Veertigste Verjaarsdag was voorwaar ‘n fees - wat sommer vir 3 weke aangehou het!

Eertens het die Loocks vir ‘n week kom kuier waarna die ander familielede een-vir-een begin opdaag het vir die Groot Okapuka Fees.  Die Saterdag is afgeskop met die Broers se Sagtebalwedstryd - en sowaar - soos almal kon raai het die Oudstes die Jongstes gewen.  So het Martin en Nico met die trofee weggestap.

Die aand het die vriende opgedaag vir die partytjie wat bestaan het uit pret, plesier, eet en lekker dans tot laat in die nag.

Baie dankie aan ‘n ieder en elk wat dit bygewoon het en die naweek so spesiaal gemaak het.

Om die heerlike tyd te kroon was die Sondagoggend se “game drive” ‘n belewenis met die lieflike weer en baie diere wat te siene gekry is.

Na afloop van die naweek het Martin se ouers vir nog 2 weke gekuier en kon die kinders lekker tyd met hul oupa en ouma van ver deurbring.  HOU DIE BLOG DOP vir die skyfievertoning van die partytjie wat in wording is!

Posted in 2008 Possies | No Comments »

Wees gegroet 2008!

Posted by gertybasson on January 12, 2008

skerpioen.jpg 

Ja, as ek dit nie mis het nie is dit mos in 2008 - chinese kalender - die jaar van die Rot.

Wel, dis verseker nie die jaar van die skerpioen nie.  Maar hierdie meneer het ons mooitjies met nuwe jaar kom groet - binne in ons slaapkamer! (Ja, ons bly mos in ‘n semi-woestynland, ne?!)

Kenners sal kan verduidelik dat dat van die giftige soort is - gelukkig het niemand op hom getrap nie.

(En wees nie bevrees - hy is VER en VEILIG van ons huis af weer in die veld losgelaat…)

En op die noot wens ek jul almal ‘N GESEENDE 2008 toe.

Posted in 2008 Possies | 1 Comment »