Bassons’ Blog

Whazzup @ Bassons’ Valley…

Reen, reen, lieflike reen!

Posted by gertybasson on October 27, 2008

Ag hoe heerlik is die lente nie met die val van die eerste reentjie nie! Die welkome 10 mm van die naweek het egter met ‘n bietjie drama gekom.  Met vanoggend se opstaan het almal op die Maandagmore verslaap weens ‘n kragonderbreking – reenwater het in die geiser ingekom.  Maar gelukkig het die dag darem nie so BLOU gebly nie.  Die kinders was net-net betyds vir skool!  En iemand het ons van die krag-penarie kom red.  Elke donker wolk het mos sy silwer randjie. 

Met Jesse gaan dit goed – hier is die foto’tjies van haar net nadat ons haar gekry het. Sy is nou al ‘n paar wekies ouer – en glo my ons weet hier’s ‘n hond in die erf!  Al die petunias wat ek met soveel liefde geplant het, is ontwortel.  Sy het hulle rustig een-vir-een uitgetrek en met wortels en al rondgehardloop.

Totsiens, mooie lenteblommetjies – totdat hond se kind ‘n bietjie ouer is! (hopelik!)

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>