Dis lente, dis lewe
Posted by gertybasson on September 18, 2008
Ek dink ons is almal bly oor die warmer weer. Al was die winter darem nie te erg nie is ons Namibiers mos maar gebore en getoe vir die somer en son.
Ons eerste petunias is geplant, maar soos altyd hang die koppies maar totdat die eerste reendruppels val.
Die kinders is woelig en terug in die tuig by die skool en het heerlik vir 3 weke saam met Oupa en Ouma van Pretoria gekuier en ook almal saam die plaas besoek en vir ander Ouma en Oupa gaan kuier.
En dan het die groot verrassing ook in September opgedaag - die nuwe toevoeging tot ons gesin: ‘n oulike klein Jack Russel hondjie. Sy is al vir 4 dae met ons en is nog naamloos. Ons twyfel nog tussen name, maar wees verseker: sy kry ‘n oormaat liefde en aandag.
Die Bassons het ‘n vol program vir die derde termyn – maar moenie miskyk nie: ons oe is gerig op Desember en al die Kaap-vakansieplanne wat ons nou al maak!