Bassons se persoonlike spasie

Hier blog ons

Martin se Veertigste Verjaarsdag- ‘n ware fees gewees!

Posted by gertybasson on March 28, 2008

Martin VolleyballKinders by Martin Party

Party DansBushpig Martin 40

Martin se Veertigste Verjaarsdag was voorwaar ‘n fees - wat sommer vir 3 weke aangehou het!

Eertens het die Loocks vir ‘n week kom kuier waarna die ander familielede een-vir-een begin opdaag het vir die Groot Okapuka Fees.  Die Saterdag is afgeskop met die Broers se Sagtebalwedstryd - en sowaar - soos almal kon raai het die Oudstes die Jongstes gewen.  So het Martin en Nico met die trofee weggestap.

Die aand het die vriende opgedaag vir die partytjie wat bestaan het uit pret, plesier, eet en lekker dans tot laat in die nag.

Baie dankie aan ‘n ieder en elk wat dit bygewoon het en die naweek so spesiaal gemaak het.

Om die heerlike tyd te kroon was die Sondagoggend se “game drive” ‘n belewenis met die lieflike weer en baie diere wat te siene gekry is.

Na afloop van die naweek het Martin se ouers vir nog 2 weke gekuier en kon die kinders lekker tyd met hul oupa en ouma van ver deurbring.  HOU DIE BLOG DOP vir die skyfievertoning van die partytjie wat in wording is!

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>