Die laaste stukkie 2007
Posted by gertybasson on January 12, 2008
Die laaste gedeelte van 2007 kon ons skaars stilstaan vir asemhaal. En toe ons uiteindelik tot verhaal kom… toe’s dit alweer Kersfees. Met ‘n travelling husband en 3 kinders se aktiwiteite moes DIE MA omtrent bontstaan.
Kersfees op die plaas was ‘n fees en die kinders het die nuwe swembad baie geniet. Ouma het alles pragtig versier en Kersvader het ons nie verbygevlieg nie!
Die eerste lekker behoorlike reenbui val te heerlik hier in Windhoek terwyl ek blog. Ons hoop en vertrou daar sal nog baie sulke reenbuie wees.


January 12, 2008 at 7:38 pm
Sareez, ek’s so spyt ek kon nie jou laaste Olympia-speel-en-leer konsert bywoon nie! (Hopelik is daar ‘n video wat ons kan kom kyk as ons Febr kokm kuier) Ek raak skoon hartseer as ek net daaraan dink, maar jy’t pragtig gelyk!! Baie sterkte en seen vir jou skoolloopbaan wat eersdaag begin en mag jy jou eie voetspore in WAP los vir ander om in te volg. Bly die unieke meisiekind wat jy nog altyd was en volg jou drome na! -xxx-
January 12, 2008 at 7:39 pm
Sareez, ek’s so spyt ek kon nie jou laaste Olympia-speel-en-leer konsert bywoon nie! (Hopelik is daar ‘n video wat ons kan kyk as ons Febr kom kuier) Ek raak skoon hartseer as ek net daaraan dink, maar jy’t pragtig gelyk!! Baie sterkte en seen vir jou skoolloopbaan wat eersdaag begin en mag jy jou eie voetspore in WAP los vir ander om in te volg. Bly die unieke meisiekind wat jy nog altyd was en volg jou drome na! -xxx-