Bassons se persoonlike spasie

Hier blog ons

Archive for January, 2008

Wees gegroet 2008!

Posted by gertybasson on January 12, 2008

skerpioen.jpg 

Ja, as ek dit nie mis het nie is dit mos in 2008 - chinese kalender - die jaar van die Rot.

Wel, dis verseker nie die jaar van die skerpioen nie.  Maar hierdie meneer het ons mooitjies met nuwe jaar kom groet - binne in ons slaapkamer! (Ja, ons bly mos in ‘n semi-woestynland, ne?!)

Kenners sal kan verduidelik dat dat van die giftige soort is - gelukkig het niemand op hom getrap nie.

(En wees nie bevrees - hy is VER en VEILIG van ons huis af weer in die veld losgelaat…)

En op die noot wens ek jul almal ‘N GESEENDE 2008 toe.

Posted in 2008 Possies | 1 Comment »

Die laaste stukkie 2007

Posted by gertybasson on January 12, 2008

Sareez diplomaDie laaste gedeelte van 2007 kon ons skaars stilstaan vir asemhaal.  En toe ons uiteindelik tot verhaal kom… toe’s dit alweer Kersfees.  Met ‘n travelling husband en 3 kinders se aktiwiteite moes DIE MA omtrent bontstaan.

Kersfees op die plaas was ‘n fees en die kinders het die nuwe swembad baie geniet.  Ouma het alles pragtig versier en Kersvader het ons nie verbygevlieg nie! 

Die eerste lekker behoorlike reenbui val te heerlik hier in Windhoek terwyl ek blog.  Ons hoop en vertrou daar sal nog baie sulke reenbuie wees.

  sareez-konsert2.jpg     sareez-konsert1.jpg

Posted in 2007 Possies | 1 Comment »