Bassons se persoonlike spasie

Hier blog ons

Olympia Speel en Leer konsert puik

Posted by gertybasson on November 13, 2007

Ja die afgelope naweek was weer tyd vir die jaarlikse Olympia Speel en Leer konsert - en wat ‘n heerlikheid vir ons almal met die oulike see-tema.

Dit was natuurlik Sareez se finale jaar in die pre-primer en was die emosies maar hoog toe sy op die verhoog met haar toga gaan staan het.  Heel oulik: “My naam is Sa(h)eez Basson, ek is 7 jaa(h) oud.  Ek gaan volgende jaar WAP lae(h)skool toe en ek gaan eendag ‘n LOOPPLANK MODEL word! ”

Hou die spasie dop vir foto’s later.

Die jaar was woelig, maar vol seeninge.  ‘n Jaar vol hoogtepunte soos Pa Nickey wat 60 geword het en die heerlike voorreg wat ek gehad het om Anna Davel te ontmoet met die publisering van die eerste VONKEL - termyntydskrif van die Namibiese Vroue Vereniging wat ek en Lindie saam doen.

pasestig.jpg

Pa Nickey word sestig!

Gerty en Anna Davel

Bo:  Gerty en Anna Davel tydens Anna se besoek in Namibie.

One Response to “Olympia Speel en Leer konsert puik”

  1. mykopop Says:

    Ek het so half per ongeluk op julle blog afgekom. Ek het ook al ‘n paar keer iets geskryf oor Anna Davel, die eerste keer toe ek Mathys Roets se DVD bespreek het, en ook al oor een van haar CD’s, en ek het selfs al oor haar gedig: http://mykopop.wordpress.com/2007/11/16/n-ogie-op-n-gypsy/

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>