Bassons se persoonlike spasie

Hier blog ons

Archive for October, 2007

Jahzara ingeseen by AGS Emmanuel

Posted by gertybasson on October 28, 2007

jahzara-en-familie.jpg 

Ongeveer 10 dae voor die Loocks se GROOT TREK na die Kaap. 

Klein Jahzara Loock is ingeseen by AGS Emmanuel en daarna saam met die nefie en niggies en boetie en sussie afgeneem. Hier is almal baie opgewonde, maar as die LOOCKS die laaste dag in Oktober hul tassies finaal laai vir MALMESBURY, Suid-Afrika, sal die krokodiltrane maar rol - dis verseker!

Posted in 2007 Possies | No Comments »

Wizard of Oz groot sukses in Oktober

Posted by gertybasson on October 28, 2007

wizard-sareez.jpg     wizard-aleza.jpg

Foto’s bo:  Links:  Sareez Basson (7 jr) en Regs:  Aleza Basson (9 jr)

Anchen Wille Moderne Dansskool het in Oktober tesame met 2 ander dansskole die WIZARD OF THE OZ produksie by die Nasionale Teater in Windhoek op die planke gebring.

En vir ‘n meer fantastiese of skouspelagtige vertoning kon ons nie vra nie.

Pootuit was die mammas gewis van al die oefeninge en optredes ryerye - maar uit en uit die moeite werd.

Posted in 2007 Possies | No Comments »